'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hierdie komende Sondag gesels ons rondom die tema, Word Ryk, Bly Ryk. Die slegste nuus is dat ons sit met ‘n rykdom probleem in Suid-Afrika. Rykdom is of ‘n probleem of ‘n seën. Die goeie nuus is dat die Bybel nie van jou verwag om alles wat jy besit net eenvoudig weg te gee nie. So haal asem. As ons so bietjie nadink oor rykdom dan kan dit maklik gebeur dat ons idee van welvaart verwronge raak met dié van die wêreld Moet nie skuldig of sleg voel nie. Dit gebeur van tyd tot tyd dat ons ons gedagtes rondom dit wat ons het toets en skuif in Jesus se rigting. Jesus het ‘n mooi manier om ons te help ontdek wat rykdom is. Sy bedoeling is dat jy self rykdom sal ontdek. Jesus se resep vir rykdom is anders as dié van die Huisgenoot of vinnige ryk-word wenke van miljoenêrs. Jesus skuif ons koppe in ‘n nuwe rigting. By Hom is jou bietjie te veel en jou te min genoeg. Ons lees saam uit Matteus 6:19-21 en Matteus 6:33-34 opsoek na ‘n rykdom wat ‘n impak kan maak op ‘n gebroke wêreld.

Kan ek jou vra om te bid in die week? Stap by die erediens in met ‘n verwagting van wat God met jou en jou rykdom kan doen. Bid ook asb. vir ons 32 jongmense wat tydens die informele erediens belydenis van geloof aflê. Mag die Bokke ons trots maak. Bid soos een van ons kinders se maatjie nou die aand bid, “Here wees asb. met die 23 springbokke in Frankryk”.

Mooi week
Deon Els

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri