'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Hierdie jaar het nou behoorlik afgeskop. Party was gedwing om terug werk toe te gaan en ander kon nie wag om weer by die werk uit te kom nie. Ouers het gehuil terwyl klein kindertjies vir die eerste keer by die kleuterskool, laerskool, hoërskool en universiteit afgegee is. Kinders bly maar altyd klein in ons harte. Ander het weer gesug van verligting toe ons hulle kon oorgee vir die arme onderwysers. Oral borrel die energie van afwagting vir die jaar, maar ter selfde tyd is ons diep hartseer oor die twee tieners in ons gemeenskap wat oorlede is. Ons dink en bid vir die familie en vriende van Jean Conradie en Daniël Jordaan wat in ‘n frats ongeluk oorlede is. Ons besef ook dat ons tieners iewers iets van God se liefde in hierdie situasie moet beleef. Moedig hulle aan om Sondag die eerste tienerdiens van die jaar by te woon.

Ons as leraars en kerkraad glo dat God met ons as gemeente besig is en dat daar ‘n roeping op elke een van ons is. Dat God vir ons deel maak van hierdie geloofsgemeenskap juis sodat ons hierdie roeping kan uitleef saam met ander gelowiges in die teenwoordigheid van God. In die begin van hierdie jaar gaan ons kyk na Jona 3 en Efesiërs 3. Twee gedeeltes wat praat van God se planne vir ons en die manier hoe ons daarvan kan deel word. Moenie hierdie geleentheid mis nie.

Sien jou Sondag
Paul Barnard

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri