'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die Dienssentrum is steeds oop.

Almal is welkom om in te skakel by ons weeklikse Zoom-Bybelstudie op Donderdag om 09:00. Indien beurtkrag ingestel word, word die sessie ongelukkig gekanselleer. Rob Clarke sal die studie lei en dit handel oor: Pinksterstudie – die werking van die Heilige Gees in die Ou- en Nuwe Testament. Kliek hier vir die uitdeelstuk.

Hier is die Zoom-skakel:
https://us04web.zoom.us/j/76613994023?pwd=VnNidGs2eUlPWDdNMmY0SGszY1hOQT09
Meeting ID: 766 1399 4023
Passcode: pj1Dk3

Ons wil graag net weer bevestig dat daar geen dienste in die kerk gaan wees hierdie Sondag, 13 Junie, nie. Daar sal wel ‘n Huiskerkvideo wees en ons hoop dat ons weer van volgende Sondag normaal dienste in die kerk kan voortsit.

Danie Möller en Danie O’Kennedy is weer gesond en aan die gang is en ons dankbaar vir al die liefde en omgee wat ons ontvang het. Deon Els is in die hospitaal, maar ons hoop hy sal vandag ontslaan word, dit gaan beter met hom. Marisa Viljoen is in die hospitaal en Lizl Botha sterk nog aan by die huis, ons dink aan hulle.

Ons is ook dankbaar aan die Here oor die voorsorgmaatreëls wat getref is nadat mense by kerkkantoor positief getoets is en ons nie weet van lidmate wat siek geword het daardeur nie. Ons glo ook dit is ons roeping om nie net op mense se geestelike gesondheid te fokus nie, maar op hulle hele menswees en daarom tree ons versigtig en in afhanklikheid van God op.

Die kerkkantoor is oop en ons hoop en bid vir al ons personeel en lidmate se veiligheid. Baie dankie vir al die omgee wat ons in hierdie tyd van julle ontvang het.

“Selfs Covid-19 en ‘n totale lockdown in Indië kan haar nie in haar werk stuit nie”. Helderberg Uitreik se “Colours of India” projek is in April 2020 registreer met ‘n Suid-Afrikaanse vrou, oorspronklik van die Strand, as werker. Louisa XXX werk vreesloos en Geesvervuld om die Evangelie te verkondig. Sy loop ‘n dissipelmakende pad met mense en straal Sy liefde uit. Sy ondersteun veral weduwees en dogtertjies wat weens die kultuur uit die familiekringe uitgewerp word. Verder fokus sy op dissipelmaking, Woordverkondiging, en die voeding van siek en honger mense in die strate van haar dorp. Sy droom daarvan om ‘n sentrum op te rig waar die weduwees en die dogtertjies versorg kan word.

Hierdie projek is afhanklik van jou gebed vir beskerming, weens die feit dat vervolging ‘n werklikheid is in die area waar sy werksaam is. Die projek benodig ook finansiële ondersteuning om die lewens- en bedieningskostes van hierdie dapper vrou te dra.

Kontak asseblief die projekleier Mariana Crook vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak.

Paulus skryf in Romeine dat daar afstand kan wees tussen mense. Die afstand tussen mense kan maak dat ons struikel om te behoort. Die Teks is ’n waarskuwing aan geloofsgemeenskappe om konneksie te behou. Om in te staan vir ander gaan in diepste oor ’n selfopofferende lewenstyl… dit gaan oor ’n ingesteldheid wat weg van jouself gefokus is, ’n ingesteldheid wat na-buite gerig is sodat ander ook ’n plekkie in die son kan geniet.

Wanneer Christen mense in die gap staan vir die swakkes, vir die sonder hoop, vir die sonder uitkoms, vir die sonder geleenthede dan bring dit nuwe vreugde, nuwe gawes, nuwe mense tot die koninkryk van God. Ons verstaan baie keer hoop as iets wat miskien gaan gebeur. Die hoop wat Paulus hier van praat is iets wat reeds gebeur het, dit is verseker dis net nog nie besef nie, die gelowiges het net nog nie besef dat die Hoop wat vanuit die hand van God kom ’n werklike realiteit is waarbinne ons as gelowiges kan leef nie!

Om in die gap te staan beteken… Dis om in mense te glo as hulle self nie in hulleself glo nie. Dis om mense met ’n oop en liefdevolle manier te aanvaar as deel van jou familie. Dis om God lief te hê met jou hele hart. Om God se liefde te deel met elkeen wat dit nodig het. Om te besef dat God jou eerste lief gehad het.

Sondag Huiskerk-diens sal op die webblad en ons YouTube-kanaal beskikbaar wees. Sondag se deurkollekte gaan vir die Versorgings-fonds.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri