'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

‘n 20 uur per week pos wat Sondae insluit is beskikbaar by NG Gemeente Helderberg om die kultuur van gasvryheid in die gemeente te versterk.

Vereistes en vaardighede
• Vereenselwig hom/haar met die visie en waardes van Helderberg Gemeente.
• Vermoë om die waarde van gasvryheid uit te leef en ander te kan inspireer tot gasvryheid.
• Vermoë om in ‘n span te kan saamwerk.
• Vermoë om vrywilligers te kan werf en bemagtig.
• Vermoë om te kan bestuur en koördineer.
• Kreatiewe denker.
• Rekenaarvaardigheid.
• Spesifieke akademiese kwalifikasies en praktiese ervaring is nie ‘n vereiste nie, maar sal in ag geneem word.>>

Lees verder: Vakante pos: Gasvryheidsbeampte

Ons is baie dankbaar vir die reën. Daar is wel baie mense wat geraak word deur die vloed van water en ons wil hulle graag help. Indien jy ook wil help, sal ons baie dankbaar wees.

Antoinette du Toit werk al 25 jaar met die finansies hier by Helderberg. Sy het voorwaar ‘n passie vir die Here en is baie lief vir haar familie en die twee kleinseuns maak haar lewe vol.

Colours of India – Nuusbrief
Gebedsversoeke vir Louisa ons sendeling:
Gebed dra krag en dis mense se gebede wat my deurgedra het vir amper elf jaar.
1. Bid asb vir konstante gesondheid
2. Citizenship Application wat in ‘n baie belangrike stadium is
3. Rustige denke en kalmte
4. Helpers, veral ‘n dame vertaler
5. ‘n Vaste gebou vanwaar ek my uitreik organisasie kan bestuur in die dorp

Wat sê Louisa ons sendeling?
Hoogtepunte van Mei:
‘n Groot hoogtepunt was natuurlik die kinders se Bybel vakansie program. Kinders was so opgewonde en het gereeld gekom. Dit was pragtig om te sien hoe die ouer kinders (wat deur spesiale dissipel opleiding gaan) dit wat hulle geleer het kon toepas en saai by die jonger kinders. Met die vakansie Bybel program het ons meer as 350 mense bereik met ons optog.>>

Lees verder: Groete uit Indië

Die lewe gebeur teen ’n verskriklike spoed. Iemand sê in die week vir my, “ons is so te sê in die middel van die jaar”. Die spoed van ons lewens dikteer so gereeld ons lewe, verhoudings en verhouding met God. Daar is min of niks tyd vir stilstaan en “enjoy the view” nie.

Hierdie Sondag gesels ons oor God wat ons terugroep na die wildernis toe. Hy roep ons terug om stil te staan by die wonder van berge, valleie en riviere. In Romeine 8 word daar vertel dat die skepping ’n groot sug van frustrasie gee. Die skepping is onder druk. Hoe pas die skepping, ons lewenstempo en ons roeping om te “bewerk en te bewaar” in by God se plan? So gereeld is dit die skepping wat ons nuut maak kyk na wie God is. Inteendeel, dis God wat die skepping gebruik as eerste sendeling van Sy glorie.

Ons het ook die voorreg om Nelmarie de Wet en haar familie te verwelkom as sy ook belydenis van geloof gaan aflê. Ons sien uit om jou in die erediens te verwelkom.

Deon Els

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri