'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons is deel van ’n geloofsgemeenskap met verskillende generasies – van kleinkinders tot grootouers en selfs groot-grootouers. Watter uitdagings bring dit vir ons? Ons weet dat daar grootouers is wat bekommerd is oor hulle kleinkinders – bekommerd oor hulle toekoms in SA, bekommerd oor hulle wat oorsee bly, bekommerd oor hul werksekuriteit, en bekommerd oor hulle geloof en kerklike betrokkenheid. En dan is daar weer kinders en kleinkinders wat bekommerd is oor hulle ouers en grootouers, veral oor hulle gesondheid en veiligheid.

In Psalm 127 en 128 word daar oor verskillende generasies gepraat. Die Psalmdigter beklemtoon dat die Here die “Bouer” van elke gesin is. Dat ons nie al die bekommernisse self hoef te dra nie. Verskillende generasies is nie net ’n uitdaging nie, maar ook ’n seën. In Spr 17:6 staan onder andere “Die kroon van oumense is kleinkinders, en die roem van kinders is hulle ouers.” Verskillende generasies kan mekaar wedersyds beïnvloed en seën. Ons moet toelaat dat ons mekaar kan bedien met die seën van God. 

Danie O’Kennedy

Gedurende die eerste week van die Junie skoolvakansie, was die eerste Holiday Club sedert 2019 hier by Helderberg. Dit word aangebied in samewerking met die jeugleiers van die Metodiste- en United Kerk, Reza Astrid en Mathew Seaward.

Dit het behoorlik gewemel van opgewonde kinders (gr1-6) en entoesiastiese tienergroepleiers, saamgestel uit al drie gemeentes. Met “space rangers” as tema het ons meer geleer van die grootheid van God se skepping, die son, sterre, maan en ons as deel van God se skeppingwerk. Die kinders het elke oggend in drie groepe roteer tussen die Bybelles, kunsaktiwiteite, speletjies, lofprysing en dan teen die einde van die dag het ons saam afgesluit deur elke groep se briefies uit te deel en saam te bid.

Sonder die tienergroepleiers kan die Holiday Club nie slaag nie. Daar was ‘n totaal van 19 tieners vanaf graad 7 tot leiers wat tans studente is. Die tieners het elke middag huis toe gegaan, na ‘n lekker middagete en ‘n oorsig oor die oggend en gaan rus. Elke aand teen 19:00 was hulle weer terug by die kerk vir hulle program wat onder andere ‘n spanbou ingesluit het, karaoke aand, ‘n speletjiesaand waar ons Turkeys and Eagles gespeel het en Donderdag was ‘n lekker saamkuier aand.
Moeg gespeel, stemme wat weg is, min slaap, vroeë oggende en laat aande, alles vol glitter en verf, maar wat ‘n geseënde week vir elke kind wat daar was, maar ook elke tiener wat geestelik verryk daar weggestap het.

Volgende jaar maak ons weer so!

Lizl Botha

Visie: Die skep van hoop vir haweloses in die Helderberg omgewing.
Missie: Ons reik uit na haweloses in die Helderberg-omgewing en fokus op verantwoordelike betrokkenheid by hul geestelike en fisies nood.

Die ses projekte waarop ons primêr fokus is die volgende:
1. Helderberg Street Peoples’ Centre / Thomas House of Hope
Haweloses word hier bearbei en basiese dienste word gelewer. ‘n Teenprestasie word verwag vir die verdien van “tokens” (of krediete).

2. Nagskuiling
By Thomas House of Hope word hier ook basiese dienste gelewer, maar ook oornag akkommodasie aangebied.

3. Familieskuiling
Soos die naam aandui, word families tydelik hier gehuisves – daar is dus ook kinders. Maaltye word verskaf en praktiese programme word aangebied. Kinders word in hoofstroom skole geplaas.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Projekspan vir Haweloses

Louise is passievol oor Helderberg Uitreik en elke persoon betrokke daarby. Sy wil graag met jou ook gesels daaroor, kontak haar by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri