'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Paasnaweek is die hoogtepunt van ons Christelike jaar. Nie net besef ons dat Jesus Christus vir ons gesterf het nie, maar ons ook vrygekoop het. Daarom het die sonde geen houvas oor ons nie. Ons is vry! 

Hierdie naweek is baie spesiaal vir ons as kinders van die Here. Kom vier Paasnaweek saam met ons deur die dienste by die kerk by te woon of deur die lewendige uitsendings te kyk op ons YouTube-kanaal. Die President het ook vir ons die vergunning gegee om meer mense in die kerk te akkommodeer. Ons vir hierdie spesiale naweek nie voorafopgeneemde dienste nie, maar wel vier lewendige uitsendings (twee op Vrydag en twee op Sondag).

Op Goeie Vrydag, 2 April, het ons ‘n nagmaaldiens om 8:00 en 10:00 in die kerk. bepreek hier asseblief: https://forms.gle/789x4mubdqViZeRY7
Op Sondag, 4 April, vier ons fees omdat Jesus opgestaan het. Dit is die gewone Sondagdienste: 08:00, 10:00 en 19:00 in die kerk, asook om 9:00 ‘n Meditatiewe diens in die Kapel. Bespreek asseblief betyds hier: https://forms.gle/EjkWcwKB9u43pA5G9

Mag Paastyd vir elkeen ‘n tyd van stilte, nadenke en ook feesvier wees, want Jesus leef – Hy het waarlik opgestaan!

Donderdag, 1 April, hervat ons by 1 Timoteus 2: 9 en as tyd toelaat gaan ons verder oorgaan na hoofstuk 3.

Hier is die skakel: https://us04web.zoom.us/j/71914314387?pwd=SDlMaHVybGkrQUxJS0VMVkZPSklQdz09 
Meeting ID: 719 1431 4387
Passcode: 2imDHR

Kom besoek ons in die Tent.

Die toegangsisteem by die kerk se rekenaar het onklaar geraak. Ons is asseblief dringend op soek na ‘n goeie gebruikte werkende rekenaar of skootrekenaar vir die veiligheidssisteem van die kerk en kerkkantoor. Ons het nog ‘n werkende skerm, sleutelbord en muis.

As iemand dalk een wil skenk aan die kerk, kontak asseblief vir Antoinette by die kerkkantoor (021-851 5582) of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

Baie dankie, die Here is so goed vir ons, ons het nounet 'n skening ontvang.

‘n Uitnodiging word aan gemeentelede/omgeegroepe/Bybelstudiegroepe/Kinderkerk/jeuggroepe en gesinne gerig om betrokke raak. Kry ‘n boksie by die kerkkantoor, vul dit met jou kleingeld en bring weer terug na die kerkkantoor voor of op 5 September2021. Jou kleingeld kan ‘n groot verskil maak in die lewe van ‘n dowe.

Kom ons ondersteun die Nasionale Instituut vir Dowes met hierdie fondsinsamelings inisiatief.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri