'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Ons is baie bly dat ons nou meer mense op ‘n Sondag mag verwelkom en hoop om julle almal binnekort te sien. Moet ek nog vooraf bespreek as ek ‘n diens wil bywoon? Ons moet wel nog Covid-reëls nakom met die lys van mense wat in die kerk was. So, asseblief ja, dit sal die proses by die deure baie vergemaklik as jy wel vooraf jou naam deurgee op die skakel: https://forms.gle/2PRno8MLxSuYFXW19 of jy kan ‘n e-pos te stuur met jou naam en kontak besonderhede aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Tydens die Informele diens, kan daar ‘n kinderdiens vir voorskool tot graad 6 kinders in Joppe wees of hulle kan by hul ouers in die kerk sit.

Ons gaan ook nog voort om die Klassieke en Informele dienste direk uit te saai op ons YouTube-kanaal en ‘n skakel op die webblad. Daar is ook ‘n vooraf opgeneemde Huiskerk-video met die boodskap van die dag, asook die Kiddie- en Tekkiediens video. Ons hoop jy skakel op een of ander manier in by ons eredienste om deel van die Helderberg familie te bly.

Ons arms is nooit leeg nie...
Helderberg Babas ondersteun Werner en Tania Schultz om as tydelike veilige sorg ouers babas in te neem wat sorg en beskerming nodig het. Die babas is babas wat wag op aanneming en ons versorg hulle tydelik totdat die baba wetlik aanneembaar is. Dit kan ‘n tydperk van ongeveer 4 tot 6 maande wees.

Kyk ons terug oor die afgelope jaar, staan ons in verwondering oor die Here se tydsberekening in die tot standkoming van Helderberg Babas. Waar baie bedieninge gedurende die pandemie nie met hulle normale uitreike kon voortgaan nie, was ons in ‘n posisie om babas in nood in te neem en die nodige liefde en versorging te bied.

Sedert Februarie 2020 het ons tien babas in tydelik veilige-sorg geneem, waarvan 2 mikro preemies was wat minder as ‘n kilogram elk by geboorte geweeg het. Vyf van die babas is die afgelope jaar by aanneemouers geplaas, twee is terug na die biologiese families en ’n verdere drie babas wag tans op aanneming. Een van die drie babas, ’n pragtige dogtertjie van drie en ‘n half maande, gaan op Maandag 8 Maart na haar aanneemouers. Op dieselfde dag sal ons ’n nuwe seuntjie wat reeds ‘n maand oud is, in ons sorg verwelkom. Ons sal dan drie seuntjies, almal onder die ouderdom van 7 weke, versorg.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Helderberg Babas

Isaac Gama koördineer die werksaamhede van Mosambiek Geletterdheid om te verseker dat daar ‘n langtermyn belegging gemaak word in die kinders van Milange.

Madelyn is die projekleier vir Mosambiek Geletterdheid en om vir Isaac sinvol te kan ondersteun, het ons ‘n projekspan nodig. Twee rolle wat uiters nodig is, is die van Finansiële Bestuurder en Pastorale Versorger. Jy is ook baie welkom om deel van die projekspan te wees om saam te droom, te dink en te gesels.

Indien jy kans sien om van jou tyd en vaardighede aan te bied of meer inligting verlang, kontak asseblief vir Madelyn by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. / 082 222 3599.

Ons kinders kan soos almal nie meer wag om kerk toe te kom nie, maar grendeltyd beperk ons nog huidiglik. Hier is darem nuus oor die jeugaksie:
• Tans is daar ‘n YouTube videodiens waar Frikkie en sy maatjies ons Kiddies en Tekkies nooi om saam te kuier. Daar is ongelukkig nog geen ander jeugaksiebyeenkomste op Sondae nie, kinders is egter welkom om by hul ouers in die kerk te sit.
• Graad 11’s en hul ouers word genooi om Sondagaande om 18:00-18:45 by ons aan te sluit in die Tent. Vanweë die druk skoolprogram sal daar voorlopig geen ander graadgroep byeenkomste in die week plaasvind nie.
• Belydenis van geloof afleggings sal eers weer plaasvind wanneer ons in groter groepe in die kerk kan bymekaarkom. Hou ons kommunikasie dop vir die datums. Enigeen wat later vanjaar belydenis wil aflê, kan die vorm op die Web aflaai of die kerkkantoor kontak.

Navrae: Lizl by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons tema vir Sondag 28 Februarie is “God bring heling” en ons teksgedeeltes Jeremia 17:14-17 en 30:17-18. Almal wil graag heel of gesond wees – fisies, emosioneel en geestelik. Ons hou nie daarvan om siek te wees of gebroke te voel nie. Maar ons moet erken dat ons as mense broos is. Heling begin nie eerstens by myself nie. Heling begin by God. Hy is al een wat mense werklik kan heel maak. Hy bring heling vir individue, vir ’n volk en vir ‘n land. In die helingsproses gebruik God ook gewone mense soos ek en jy.

Ons bede is vandag dieselfde as wat die profeet Jeremia in 17:14 bid: “Maak my gesond, Here.” Danie O’Kennedy gaan Sondag meer hieroor praat en die deurkollekte gaan vir Merweville Skoolprojek

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri