'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

‘n Voltydse posisie is beskikbaar by Helderberg Gemeente om die klank en beeld vir eredienste in die geheel te bestuur, insluitende die digitale vervaardiging van dienste, asook ander opnames. Kliek hier vir meer inligting.

Sluitingsdatum is 19 Maart 2021. e-pos jou CV na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Stel jou voor daar is ʼn stad met duisend inwoners tussen ouderdomme van 30 en 40. Die inwoners kom van baie lande, kulture en van verskillende godsdienste.

Baie vreemdelinge in die stad het baie opofferings gemaak vir ʼn beter opvoeding en toekoms. Hierdie stad word die Universiteit genoem en internasionale studente is die toekomstige leiers van lande. In 2020 was daar meer as 4 200 internasionale studente van 110 lande op Stellenbosch.

Na hul aankoms in die R.S.A voel baie oorweldig deur die onbekende omgewing en kultuurverskille. Alle mense het behoefte om êrens in ʼn gemeenskap te behoort, waar hulle sinvolle kontak het met ander mense. “FANS” (Friends of All Nations Stellenbosch) ondersteun internasionale studente emosioneel en geestelik tydens hul studies. Sosiale isolasie lei tot negatiewe welsyn van ʼn persoon.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Internasionale studentebediening

We walk by faith not by sight – 2 Cor 5:7
(getuienisgeleentheid van 28 Februarie)

2020 het nuwe uitdagings gebring vir baie mense en so ook vir die George Fredericks skool op Merweville. Die Onderwys Departement kan nie in al hulle skoolbehoeftes voorsien nie en ander planne moet gemaak word om aan elke leerder skryfbehoeftes te gee. Gewoonlik het die kinders potloodsakkies en skryfbehoeftes gedeel omdat daar eenvoudig nie geld in die gemeenskap is om dit vir elkeen aan te koop nie.

Met Covid-19 wat oor ons toegesak het, het dit noodsaaklik geword dat elke leerder hulle eie potloodsakkies, skryfbehoeftes en sakrekenaars moet hê. Ons is dankbaar om te sê dat ons kon voorsien het in hulle behoeftes vir 2020. Nou staan ons in die begin van ‘n nuwe jaar en dieselfde behoeftes is weer daar. Ons wil ‘n beroep op ons gemeentelede doen om vir ons te help om die volgende behoeftes bymekaar te maak sodat elke leerder op ‘n veilige manier onderrig kan ontvang en met sy skool kurrikulum kan voort gaan.

Ons wil ook dankie sê vir elkeen wat alreeds bygedra het tot die projek. Dit word opreg waardeer. Met julle bydraes sterk julle ons hande om te kan voorsien daar waar daar niks is nie. Ons sal graag teen 21 Maart Merweville wil besoek om die voorraad te gaan aflaai.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Merweville skoolprojek

As ons as geloofsgemeenskap bymekaarkom is daar twee aspekte wat ewe belangrik is: geloof en gemeenskap. Ons ontdek weer dat God dit nooit bedoel het dat ons op ons eie moet en kan funksioneer nie. Selfs die grootste introvert het iemand iewers nodig.

Die tweede groot les wat ons leer is as geloof nie meer as net jou verstaan is nie dan is geloof leeg. Geloof moet deurvloei na die res van jou menswees. Dit moet jou emosies, jou siel, jou kreatiwiteit en jou liggaam aanraak. Ons is egter baie keer besig om geloof net 'n intellektuele speletjie te maak. Dan word dit wie is reg en wie is weg! Selfs in die kerk is ons bang om kreatief uiting te gee aan ons geloof hierdie Sondag kyk ons saam met Paul Barnard na wat Jesus bedoel as hy sê: Ons moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en jou hele siel en jou hele verstand en jou medemens soos jouself. Ons word bewus van die God wat ons op al die terreine van ons lewe, ons wil ontmoet en nie net op die intellektuele vlak nie.

Die deurkollekte gaan vir Helderberg Babas.

Met die nuwe vlak 1 inperkings kan die tienerbyeenkoms buite plaasvind.

 

 

 

 

 

 

 

Die tieners het hul eie Whatsappgroep, om deel te wees van die groep kan jy met jou selfoon een van die skakels gebruik: 

https://chat.whatsapp.com/LTahoz8ImxUK4xe8gfmxEb

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri