'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Sondag is Deon Els se intreepreek. Ons sou graag ‘n groot fees wou hou om hom welkom te heet, maar sal dit doen wanneer die inperkings dit toelaat. Baie welkom Deon, ons hoop jy en jou gesin is baie geseënd hier by Helderberg Gemeente.

Dis nou byna 9 jaar wat ek die voorreg het om by Helderberg Gemeente te kan werk as Kinderbediening-koördineerder. Ek wil graag iets deel van my reis tot hier en dan spesifiek die baie spesiale gebeurtenis wat plaasgevind het op Maandag 29 Maart, my Legitimasie as Diensleraar.

Ek het die voorreg gehad om groot te word in Somerset-Wes, met Helderberg Gemeente as my tuiste en waar ek Sondag na Sondag in die Sondagskool was, natuurlik omdat my ma toe hier gewerk het as Musiekkoördineerder. As tiener was ek betrokke by die tienerkerkraad, sanggroep, Exodus band en nog vele ander aktiwiteite hier by die gemeente. Danie O’Kennedy was toe my jeug-predikant!

Ek het reeds as tiener ervaar dat die Here my roep om met kinders en jongmense te werk, nie omdat my pa ‘n predikant was of omdat ek so baie in die kerk gekom het nie, dit is regtig iets soos ‘n begeerte om ‘n verskil te kan maak in God se Koninkryk! Na my Diensjaar vir Christus na matriek, het ek Jeugwerk gaan studeer by Hugenote Kollege en behaal my Hon. B.Diac graad in 1999. Wonderlike vormingsjare op vele gebiede!>>

Lees verder: Op reis….

 

Izabel Trengove het op Paassondag haar 100’ste verjaarsdag gevier. Baie geluk aan Izabel. Sy is Helderberg se oudste lidmaat. Op die tweede foto is Izabel saam met haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

Ons tema op Paassondag (2 April) is “Getuies van die Lewende Here” en ons teksgedeelte Hand 10:34-43. Paassondag is die hoogtepunt van ons kerklike jaar – ons getuig van Jesus wat uit die dood opgewek is en leef. Die vraag is: Maak die feit dat Jesus opgestaan het ‘n verskil aan ons lewens op aarde? Jesus het nie net vir ‘n paar Jode in Israel opgestaan nie. Hy het vir elkeen in die hele wêreld opgestaan.

Ons lewe vandag in 2021 met hoop omdat Jesus opgestaan het. Petrus en die ander dissipels was getuies van Jesus as Lewende Here. As hulle nie getuig het nie, het ons nie vandag Paasfees gevier nie. Wat maak ons met hierdie boodskap? Is ons bereid om hieroor te getuig soos wat Petrus-hulle getuig het? Ons glo dat die Heilige Gees vir ons hierin sal help.

Kom deel in die Opstandingsondag saam met Danie O’Kennedy. Die deurkollekte gaan vir die orrelfonds

 

Paasnaweek is die hoogtepunt van ons Christelike jaar. Nie net besef ons dat Jesus Christus vir ons gesterf het nie, maar ons ook vrygekoop het. Daarom het die sonde geen houvas oor ons nie. Ons is vry! 

Hierdie naweek is baie spesiaal vir ons as kinders van die Here. Kom vier Paasnaweek saam met ons deur die dienste by die kerk by te woon of deur die lewendige uitsendings te kyk op ons YouTube-kanaal. Die President het ook vir ons die vergunning gegee om meer mense in die kerk te akkommodeer. Ons vir hierdie spesiale naweek nie voorafopgeneemde dienste nie, maar wel vier lewendige uitsendings (twee op Vrydag en twee op Sondag).

Op Goeie Vrydag, 2 April, het ons ‘n nagmaaldiens om 8:00 en 10:00 in die kerk. bepreek hier asseblief: https://forms.gle/789x4mubdqViZeRY7
Op Sondag, 4 April, vier ons fees omdat Jesus opgestaan het. Dit is die gewone Sondagdienste: 08:00, 10:00 en 19:00 in die kerk, asook om 9:00 ‘n Meditatiewe diens in die Kapel. Bespreek asseblief betyds hier: https://forms.gle/EjkWcwKB9u43pA5G9

Mag Paastyd vir elkeen ‘n tyd van stilte, nadenke en ook feesvier wees, want Jesus leef – Hy het waarlik opgestaan!

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri