'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Daar is 'n Maatskaplike werk pos beskikbaar by Helderberg Gemeente, kliek hier om meer te lees oor die pos. Aansoeke sluit Dinsdag 6 April 2021.

Navrae en aansoeke:
Vir navrae oor die pos, kontak Marie Kotze by 072 433 0068.
Aansoeke kan by Helderberg Gemeente (Firmountweg, Briza, Somerset-Wes) se Ontvangs (Grazie Beets) afgegee word of per epos gestuur word aan Marisa Viljoen by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

Dis Sondag 28 Maart die Seniorsorg-projek se beurt om te vertel van ons uitreikprojek!

Ons is 12 lede wat intens gemoeid is met die seniorburgers van die gemeente, asook die inwoners van drie tehuise vir bejaardes, nl. Huise Marie Louw, Huis Esperanza en Zandvliet Care Center. Vroeg in 2020 het ons al ons kuiers by die tehuise beplan, asook flink aandag gegee aan wenslysies van die tehuise. Bloeddrukapparaat, haardroërs en breekgoed is aangekoop en afgelewer. Met die koms van grendeltyd was ons besoeke totaal opgeskort. Aan elke tehuis het ons ‘n bedrag geld geskenk om hulle te ondersteun met die skoonmaak en sanitering, asook verskaffing van maskers aan die personeel.>>

Lees verder: Getuienisgeleentheid: Seniorsorg

Ons tema vir Sondag 21 Maart is “God van reg en geregtigheid” en die teksgedeelte is Deut 10:12-22.

Ons almal wil leef in ‘n wêreld waar die basiese regte van elke mens gerespekteer word – van die reg op veiligheid tot die reg op vryheid tot die reg op ’n leefbare inkomste. Die God wat ons aanbid is ’n God van reg en geregtigheid. Hy is nie ’n korrupte God nie (v 17). Hy is die God wat omsien na die weeskind, die weduwee en die vreemdeling – mense wat in die tyd van die Bybel geen regte gehad het nie en dikwels uitgebuit is (v 18). Jesus Christus het vir ons die voorbeeld kom stel van iemand wat reg en geregtigheid op aarde uitgeleef het. Hy het met sy sterwe aan die kruis vir ons gehelp om in die regte verhouding met God te leef. Ons kan nie anders as om reg en geregtigheid te doen nie.

Danie O’Kennedy is Sondag aan die woord en die deurkollekte gaan vir Arbeidsbediening.

Ons het by die eerste Graad 11-byeenkoms met die kinders en ouers breedweg die proses en die rede vir belydenisaflegging verduidelik. Die belangrikste is dat die ouers betrokke bly saam met die kind tydens die proses van geestelike voorbereiding totdat die kind voel dat hy/sy gereed is om belydenis af te lê.

Omdat daar tans nog ‘n beperking op getalle vir kerkbyeenkomste is, is die Tienerkerk elke Sondag om 18:00 in die Parkering voor die Tent (buiten wanneer dit reën en langnaweke). Daar is egter nog geen kleingroepe nie, maar probeer om die byeenkomste by te woon, sodat hul deel bly van die Tienerkerk-gemeenskap. Daar is ook nog nie datums vir belydenisaflegging nie, maar die vorms is op die webblad of by Ontvangs beskikbaar. Hou ons kommunikasie dop vir datums later die jaar.

Tieners of ouers is welkom om ‘n afspraak met Paul Barnard te maak indien daar behoefte aan ‘n gesprek is. Ons weet dit is ‘n uitdagende tyd vir die jongmense en hulle het baie vrae en ons wil graag help.

Vir navrae kontak Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

‘n Ooreenkoms tussen Helderberg Gemeente en Helderberg Uitreikbediening is op 15 Maart 2021 gesluit. Die ooreenkoms reguleer die verhouding tussen die twee entiteite en stipuleer o.a. dat Helderberg Uitreik vanaf Maart 2020 bestuurskostes moet dra.

Helderberg Uitreik is dus nou daarop aangewese om sy eie befondsing te werf om die bestuur van hierdie bediening, asook die dienste aan 38 projekte volhoubaar te maak. Geloofoffers, bydraes en donasies hiervoor kwalifiseer vir Art 18A belastingverligting en kan by Helderberg Uitreik se rekening inbetaal word: Helderberg Uitreik, ABSA Helderberg, Rek nr 9114 483 080, Takkode 632005 verwys: “Bestuur”. Stuur asb bewys van inbetaling na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. vir ‘n Art 18A sertifikaat.

Kotzé van Wyk
Voorsitter: Helderberg Uitreik

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri