'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Verlede Vrydagoggend stap hier twee pragtige mensies, wegneem Ambeans-koffie in die hand, by die Tent in en trek onmiddellik my aandag. Oom Diek (82) en Tannie Marthie (88) van der Zel is lidmate by Strand Moedergemeente, maar geniet dit om ons Boekehoekie te kom besoek. Hulle spog dat hulle albei uitlanders is wat mekaar ontmoet het hier in SA en al 57 jaar gelukkig getroud is.

Oom Diek is ‘n gebore Nederlander en Tannie Marthie kom van Zimbabwe. Die twee is steeds betrokke by papierherwinning by Strand Moedergemeente, vandaar die liefde vir boeke.

Dit was ‘n voorreg om hulle te kon ontmoet en ek sal die indruk van ware liefde en God se seën, wat hulle op my gemaak het, nooit vergeet nie.

Grazie by Ontvangs

Helderberg Uitreik se Uitreikfees-“uitstallings” vind hierdie jaar per video op YouTube plaas. Kliek hier om die volledige video van al die projekte te sien.

Die projekte is in vyf fokusgroepe verdeel met ‘n kort inleiding by elke groep, hier is elke groep se video’s afsonderlik:
• Vroeë kinderjare-ontwikkeling
• Tiener- en volwasse-ontwikkeling
• Evangelisasie
• Berading, terapie en medies
• Ondersteuning

Onthou ook die uitsending van die diens op YouTube Sondagoggend deur Strydom Bruwer.

Kontak gerus vir Louise by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. as jy meer inligting benodig.

Helderberg Gemeente maak erns met klassieke musiek – ook as deel van ons eredienste – en daarom is die onderhoud van ons kerkorrel vir ons belangrik. Ons is van die min gemeentes wat nog gekies het om daardie deel van musiek en aanbidding in eredienste te behou, uit te bou, en vernuwend te wees wat dit aanbetref: ons orrel speel natuurlik ‘n sleutelrol hierin. Daarmee saam ook die feit dat ons die wyer gemeenskap dien met klassieke musiekkonserte en terselfdertyd die Evangelie op hierdie wyse verkondig. Juis daarom is die orrel se onderhoud en herstel vir ons ‘n prioriteit.

Ons orrel is een van ons kerk se grootste bates met ‘n vervangingswaarde van om-en-by R9 miljoen en benodig nou dringende herstel en skoonmaak, wat sy bruikbaarheid tans grootliks beperk. Dit is dus hier waar ons jou hulp en vrygewigheid benodig.>>

Lees verder: (Bank)noot vir (musiek)noot: die orrel benodig herstelwerk

Daar is tans elke dag ‘n kort video beskikbaar op Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal vir ouers met laerskoolkinders. Hierdie is die ideale iets wat besige mammas en pappas saans kan gebruik wanneer kinders in die bed gesit word. Wat ‘n kosbare tyd so saam rondom die Woord en saam met jou kinders.

Hier is die skakel na ons YouTube-kanaal: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g

Goeie nuus – ons hervat ons eredienste in die kerkgebou weer op 21 Februarie. Tans is daar nog ‘n beperking van 50 persone per diens, dus is dit belangrik dat jy bespreek vir die diens (sien die skakel onder). Kinders is welkom om by hul ouers te sit in die dienste (en vorm deel van die 50 persone).

Dienste:
8:00 Klassieke diens in die kerk
9:00 Meditatiewe diens in die Kapel
10:00 Informele diens in die kerk
19:00 Aanddiens in die kerk
10:00 Helderberg Village – Hierdie besprekings word gedoen deur vir Hennie van Zyl te kontak by 083 285 3011 of 0609

Ons digitale eredienste gaan steeds voort – skryf in op Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal.

Bespreek plek vir die eredienste op die volgende skakel: https://forms.gle/YMFDbREp33YEhsfc7

As jy sukkel hiermee kan jy 'n e-pos stuur aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of die kerkkantoor skakel by 021-851 5582.

Covid-regulasies geld steeds, dra asseblief jou masker en handhaaf 1.5m afstand te alle tye. Vertrekke word na elke diens gesaniteer. Die Moeders- en Pienkvoetkamers sal ook oop wees, maar ongelukkig is daar nie tans speelgoed beskikbaar nie. Ons sien uit om jou te verwelkom die 21’ste.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri