'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

Die Wes-Kaapland Sinode het ‘n COVID-19-taakspan wat gereeld vir al die kerke inligting deurgee veral mbt die hou van dienste in die kerke. Hier is hul mees onlangste inligting: Die volgende regulasies is tans van toepassing. Vir meer inligting en relevante weergawes van die Staatskoerant, kliek hier.

Vanaf 12 Januarie 2021 geld die aandklokreël tussen saans om 21:00 (nege uur) en 05:00 soggens. Restaurante moet reeds om 20:00 sluit!
Begrafnisse is beperk tot 50 mense wat elkeen 1,5 meter van mekaar moet sit. Die byeenkoms mag nie langer as twee ure wees nie. Geen tee na die diens nie! [Sien Artikel 35(3)].

GEEN eredienste of ander geloofsgebaseerde byeenkomste nie [Sien Artikel 36(3)].>>

Lees verder: Aangepaste Vlak 3 maatreëls

Dit is ‘n voorreg om weer in 2021 met jou te kan gesels. Ek hoop dat hierdie boodskap ons sal help om van rekenaar tot rekenaar of foon te kan voel soos die familie wat ons is. Ons gemeenskap beleef regtig druk tye as gevolg van Covid-19 en ook die regulasies daar rondom. Dit raak ons en ons families en vriende. Ons het almal gedroom oor ‘n nuwe begin in 2021, maar ons is steeds vasgevang in onsekerheid en bekommernis. Maar weet jy, dit is presies vir tye soos hierdie waarvoor geloof in God bedoel is, en wanneer ‘n gemeente tot sy reg kom. Ons word oorval deur stories van mense wat spontaan omgee en help waar hulle kan. Oor jare het Helderberg gemeente bekend geword as ‘n groot gemeente met net so ‘n groot en warm hart. Dit is wat ons nou beleef. Dankie vir elkeen wat omgee. Ons bid saam vir elkeen wat swaarkry en omgee nodig het.

Ek nooi jou hartlik uit na ons uitsaai-erediens Sondag. Ons gaan saam na die Lewende God draai en ek glo dat die Here ons in ons onsekerheid gaan raaksien en inspireer. Jy kan enige tyd van 08:00 af inskakel op Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal. Die skakel na die diens sal ook Sondag op die Whatsapp-groep gestuur word.

Mooi loop
Danie Möller

Onthou ons eredienste is elke Sondag beskikbaar op YouTube vanaf 08:00. Teken in op ons YouTube-kanaal en kry so elke keer ‘n kennisgewing van nuwe video’s kliek op hierdie skakel: https://www.youtube.com/channel/UChAVTuuZ0ewy6b_wy6PTZ1g. Die skakel sal ook op ons webblad en ons Facebook-bladsy wees. Alhoewel ons ter wille van veiligheid nie groot groep byeenkomste het nie, gaan ons eredienste voort in jou huis elke Sondag.

 

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri