'n Passie vir God

 
en 'n hart vir mense en 'n wêreld in nood

God roep gewone mense soos ek en jy om draers van Jesus se Hoop en Lig te wees in die wêreld in nood.

Ons nooi jou graag om in te skakel by die Uitreikfees op 14 Februarie om 9:30 by Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal. Ds Strydom Bruwer is ons prediker.

Daar sal ook video’s van die projekte wees en jy kan kies waar en hoe jy graag betrokke wil raak.

Wat is ‘n geloofoffer? Dit is jou tyd, kundigheid, gebed en geld, wat jy bo en behalwe jou dankoffer (nie in plek daarvan nie) vir die Here wil gee, soos Sy Gees jou lei en dit waarmee Hy jou seën.

Neem ‘n tyd van stilte en gebed met God, lees rustig deur twee blaaie van die inligtingsblaadjie wat jy hier kan kry, voltooi dan die geloofoffervorm wat jy hier kry, en e-pos laasgenoemde aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Daar is ook gedrukte inligtingsblaadjies en geloofoffervorms by die kerkkantoor beskikbaar.>>

Lees verder: Uitreikfees 14 Februarie 2021

Die meeste van ons is honger om mekaar weer in die oë te kyk en langs mekaar in die kerkbanke te skuif. Ons het agv fisieke afstand, kontak met mekaar verloor. Daarom het ons in hierdie nuwe tye nodig om mekaar se stories te hoor. Om gesigte agter name te leer ken. Om in mekaar se skoene te klim. Deurdat ons mekaar beter leer ken en verstaan – is dit ook ‘n vorm van gemeenskap van gelowiges.

Ons nooi jou uit om jou getuienis of storie van ‘n belewenis in Covid-tyd met ons te deel. Kom ons help mekaar met stories oor hoe jy of julle gesin die grendeltyd ervaar het, wat het verander in jou lewe, hoe het dit jou verhouding met God en ander mense beïnvloed, wat was jou belewenis van kerk in die tyd, wat jy nuut of anders begin doen het.

Plaas jou storie direk op ons Facebook-groep met die naam Helderberg Gemeente gesels lekker of stuur jou storie aan by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. – foto’s is welkom.

Hartlike groete vanuit die kerkkantoor, die kantoor is huidiglik weeksdae oop vanaf 08:30 tot 13:00 en volstoom aan die gang. Ten spyte van die feit dat ons nie Godsdienstige byeenkomste, behalwe begrafnisse mag hou nie, is ons dankbaar dat ons kerkterrein nog steeds benut kan word. Die Dienssentrum is soos gewoonlik oop en besig met hulle onmisbare diens aan die gemeenskap.

Ons is baie dankbaar dat Talanja-skooltjie oop is vir die kleuters en ook vir Akademia wat binnekort weer gaan begin. Verder is ons opgewonde oor 'n nuwe skooltjie Edhen, wat vanaf 1 Februarie ook op ons terrein funksioneer.

Groete
Grazie by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die meeste van ons het iewers in ons lewe geworstel met die vraag wie wil ek wees? Ons het dit geantwoord met wat wil ek doen, wat wil ek bereik en het dit toe ingekleur met prestasies en mylpale. Van hierdie mylpale was in ons werk, in ons sport en selfs in ons verhoudinge. Dit was egter alles gekoppel aan die “normale” lewe en verwagtinge. Die afgelope jaar en 'n half is baie van hierdie normale aspekte van ons lewens deurmekaar gegooi en soek mense naarstigtelik weer opnuut na die sin van hulle bestaan. Vir party het hierdie tyd hulle finansiële onafhanklikheid kom steel of selfs hulle in diep skuld kom gooi. Vir ander was dit die verloor van die droom werk, omdat die besigheid toegemaak het. Vir nog ander was dit die verhoudinge, mense wat jy aan die dood afgestaan het, of verhoudinge wat verbrokkel het onder die druk.

Die een ding is waar, hierdie tyd het ons opnuut weer laat vra na: Wie is ek bedoel om te wees? Ons ontdek weer hierdie Sondag saam uit Efesiërs en Galasiërs wat God se bedoeling ook vir ons is vandag. As my basis reg is dan is daar plek vir gesonde groei en wie weet miskien is jy soos Ester 4:14 sê, juis gemaak vir 'n tyd soos hierdie.

Paul Barnard doen die diens en onthou om te gaan kyk op ons YouTube-kanaal om 08:00 Sondag sal die diens beskikbaar wees. Deurkollekte gaan vir Mosambiek Geletterdheid.

Na afloop van die President se aankondiging Maandag sal eredienste, in persoon, hervat by die kerkgebou vanaf 21 Februarie. Die huidige ramptoestand voorwaardes verval 15 Februarie so ons sal nader aan die tyd kan bevestig of daar meer as 50 persone 'n diens kan bywoon al dan nie.

Dit is dan 'n klassieke diens om 08:00 in die kerk, 'n meditatiewe diens om 09:00 in die kapel, informele diens in die kerk om 10:00 en ‘n aanddiens in die kerk om 19:00. Jy sal moet bespreek vir die diens. Kinders is welkom om by hul ouers te sit in die dienste. Intussen deel saam in ons digitale eredienste (ook vir die kinders) deur in te skryf op Helderberg Gemeente se YouTube-kanaal.

Die tieners se jeugaksie gaan ook die 21’ste Februarie begin. Ons sal wel vir julle in die volgende e-nuusbrief, Facebook, Whatsapp en webblad alle reëlings rondom die dienste en jeugaksie laat weet.

Top

LINK PARTNER: slot5000 idngg vegas88 elanggame koko303 gen77 hoki99 zeus138 roma77 ligaplay88 gaspol168 sikat138 bonus168 agen388 ligagaruda vegas77 vegasslot77 pokerseri