Dienste word lewendig uitgesaai op YouTube, gaan na YouTube en teken in by Helderberg Gemeente.
Eredienstye (somer):
08:00 Klassieke diens
08:30 Meditatiewe diens
09:00 Hoop (Sitari) - skoolsaal van Curro Skool
09:30 Informele diens
09:30 Kiddie- en Tekkiekerk
10:00 Helderberg Village - Kilberry saal
18:00 Tieners
19:00 Aanddiens
(Wintertye begin op 2 Junie 2024)
Tipiese aktiwiteite gedurende die week:
Dinsdagoggend – gebedsgroep wat bid vir die kerk en die land van 06:00-06:45, kom bid saam al kan jy dit net een keer per maand doen.
Woensdagoggend – Kreatiewe Kuiergroep kom elke 2'de Woensdag in die Tent bymekaar om 10:00. As jy lus het om iets kreatief te doen kontak vir Magdel by 082 400 0903.
Donderdagoggend – Bybelstudiegroepe. As jy wil inskakel by ‘n groep kontak vir Ina van Niekerk by 082 578 9893 (dames) of Johann Swart by 082 928 7596 (mans).
Vrydagoggend – Manne Bediening kom bymekaar in die Kapel om 06:00, hulle bid saam en gesels saam. Kontak vir Jaco by 083 675 5687 of Leon by 081 019 0710 indien jy meer wil weet.
Dan is daar ook verskeie omgeegroepe en wyksgroepe, asook ‘n groep vir jong werkendes. Gesels met René meer hieroor by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of 021 851 5582, sy kan vir jou meer vertel oor al die kleingroep.
Ek is seker jy het al gehoor, “Geld kan jou nie gelukkig maak nie”. Ek wonder daaroor. Ek dink nie jy kan geluk koop nie, maar geld kan jou gelukkig maak. Nie MEER geld nie, maar wat jy met jou geld DOEN, kan jou gelukkig maak ... of nie.
Die Bybel daag ons uit om dit waarmee ons geseën is, uit te deel. Vrygewigheid help jou volgens die Bybel om regtig gelukkig te kan wees. Om te gee, is beter as om te ontvang, maar wat keer ons om radikaal vrygewig te lewe?
Paulus sê in 2 Kor 9:7 Elkeen moet voor die tyd in hulle eie hart besluit hoeveel hulle wil weggee. Dit moet nie gedoen word met lang gesigte of omdat hulle voel hulle word gedwing om dit te doen nie. Want God is lief vir elkeen wat hulle besitting met vreugde weggee (NUWE NUWE TESTAMENT)
Sien jou Sondag
Danie Möller
Baie dankie vir die span wat elke week die kollekte tel om gebank te word, ons waardeer julle tyd en dis baie lekker om saam met julle te werk.
Baie dankie ook vir elke lidmaat wat so getrou gee. Ons voel baie geseënd met lidmate wat met vrymoedigheid gee.
Die span sal Sondag hulle getuienis doen tydens die diens. Vir enige navrae kontak asseblief vir Sarita by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Hierdie komende Sondag gesels ons rondom die tema, Word Ryk, Bly Ryk. Die slegste nuus is dat ons sit met ‘n rykdom probleem in Suid-Afrika. Rykdom is of ‘n probleem of ‘n seën. Die goeie nuus is dat die Bybel nie van jou verwag om alles wat jy besit net eenvoudig weg te gee nie. So haal asem. As ons so bietjie nadink oor rykdom dan kan dit maklik gebeur dat ons idee van welvaart verwronge raak met dié van die wêreld Moet nie skuldig of sleg voel nie. Dit gebeur van tyd tot tyd dat ons ons gedagtes rondom dit wat ons het toets en skuif in Jesus se rigting. Jesus het ‘n mooi manier om ons te help ontdek wat rykdom is. Sy bedoeling is dat jy self rykdom sal ontdek. Jesus se resep vir rykdom is anders as dié van die Huisgenoot of vinnige ryk-word wenke van miljoenêrs. Jesus skuif ons koppe in ‘n nuwe rigting. By Hom is jou bietjie te veel en jou te min genoeg. Ons lees saam uit Matteus 6:19-21 en Matteus 6:33-34 opsoek na ‘n rykdom wat ‘n impak kan maak op ‘n gebroke wêreld.
Kan ek jou vra om te bid in die week? Stap by die erediens in met ‘n verwagting van wat God met jou en jou rykdom kan doen. Bid ook asb. vir ons 32 jongmense wat tydens die informele erediens belydenis van geloof aflê. Mag die Bokke ons trots maak. Bid soos een van ons kinders se maatjie nou die aand bid, “Here wees asb. met die 23 springbokke in Frankryk”.
Mooi week
Deon Els
Vir enige navrae kontak asseblief vir Ronell by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Tel: 021-851 5582
Noodnommer: 083 988 2003
epos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
-boodskappe: 074 271 1589
Facebookgroep
Word gerus deel van ons Facebookgroep met die naam: Helderberg Gemeente gesels lekker
Word deel van ons WhatsApp-groep
Wil jy die skakels na die preke en ander inligting kry op WhatsApp, kliek op die skakel hieronder met jou selfoon en word outomaties deel van die groep:
https://chat.whatsapp.com/HK219PoUcN4LOmoGy4GDt0
Of gebruik die QR kode:
- maak WhatsApp oop
- gaan na settings
- maak die QR kode langs jou naam oop
- scan ons QR kode
Bid saam met ons vir die volgende mense:
Andre le Grange – ernstig siek
Robin Furniss – herstel na operasie
Fanie Roux – kanker
Marni Rischmuller se ma Maritha – kanker
Bazil Nunes – ICU, verswak
Issie Ponelis – kanker
Elmine Stickling – kanker
Jan Brits – herstel na operasie
Francois Roux – sterk tuis aan
Cecilia Lötter – sterk tuis aan
Emmie van Tonder – kanker
Susan Crafford – verswak
Ons is dankbaar:
- vir die riglyne in die Bybel
- dat U ‘n doel het met ons lewe
- dat U ons bevry van vrees
Moet ons vir jou bid? Laat weet ons asseblief by die kerkkantoor: 021-851 5582 of onderlingesorg@nghelder.co.za
In die liefde is daar geen vrees nie. 1 Johannes 4:18a
Liewe Lidmaat
Die POPI inligtingswet is vanaf 1 Julie 2021 inwerking en ons bevestig hiermee dat lidmate se persoonlike inligting veilig hanteer en bewaar word. Lidmate kan dmv ons webblad aansoek doen (kliek hier) om toegang tot hulle inligting te verkry. Vir verder navrae kontak gerus ons Inligtingsbeampte, Grazie Beets, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Kliek asb op die skakel hieronder vir meer inligting oor die Covid-19 virus